River Bioscience (Pty) Ltd
Posbus 20388
Humewood
  6013
Tel: +27 41 583 3464
Faks: +27 41 583 3657

 

River Bioscience is in 2004 gestig as ‘n sustermaatskappy van Citrus Research International (CRI). Hierdie kommersiële maatskappy word ten volle deur die Suid-Afrikaanse Sitruskwekersvereniging (Citrus Growers Association) besit.

Die hoof doelstellings van die maatskappy is om nuwe innovasies, ontwikkelings en uitvindings van CRI-navorsing te kommersialiseer en om die Suid-Afrikaanse sitrusbedryf van nuwe en gevorderde tegnologie te voorsien. Hierdie tegnologie is daarop gemik om die globale mededingendheid van die bedryf te verbeter. River Bioscience se winste word in die bedryf se navorsings- en tegniese ondersteuningstrukture, wat onder die direkte beheer van die Suid-Afrikaanse sitrusprodusente val, teruggeploeg. Sodoende kan CRI se dienste aan die bedryf verbeter en uitgebrei word.

Alhoewel die sitrusbedryf River Bioscience se primêre mark is, is die maatskappy ook tot uitbreiding na ander sektore in die landbou in Suid Afrika, Afrika en internasionaal verbind.

River Bioscience se hoofkantoor is in Port Elizabeth en die produksiefasiliteit in Hermitage in die Sondagsriviervallei, die hartland van die sitrusbedryf in die Oos-Kaap.

Die produksie personeel in Addo

River Bioscience - Bio-produksie maatskappy besit deur produsente